Pres. Cyril Ramaphosa het sy beginsels prysgegee vir sy ambisie om die president te word, meen dr. Makhosi Khoza, ’n oud-ANC-LP.
Sy stem daarom saam met hoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, dat Ramaphosa verdere staatskaping kon verhoed het as hy met groter dringendheid opgetree het toe hy onder oudpres. Jacob Zuma adjunkpresident was.
Zondo sê in die laaste deel van die kommissie se verslag, wat Woensdag uitgereik is, Ramaphosa moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir die ANC-komitee vir kaderontplooiing en die aanstellings wat in die era van staatskaping gemaak is.