Die oorlog in Oekraïne was ’n groot besprekingspunt toe pres. Cyril Ramaphosa die Duitse bondskanselier, Olaf Scholz, Dinsdag by die Uniegebou ontvang het.
Ramaphosa het sy regering se standpunt verdedig en verduidelik waarom Suid-Afrika buite stemming gebly het in ’n resolusie van die Verenigde Nasies (VN) oor Rusland.
Scholz was onwrikbaar daaroor dat dit ’n ondraaglike situasie is dat lande hulle aan Rusland se kant skaar.