Suid-Afrikaners sal dalk volgende week weet watter noodmaatreëls die regering beplan om ’n einde aan die elektrisiteitskrisis te maak.
Pres. Cyril Ramaphosa sal die nasie nog voor die kabinet se lekgotla en die staatsrede daaroor toespreek, sê Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC.
Dit kan al aanstaande week gebeur.