Pres. Cyril Ramaphosa sal Maandag die begrafnis van die president van Tanzanië bywoon.
Die presidensie het Maandagoggend in ’n verklaring gesê Ramaphosa sal die begrafnis van pres. John Pombe Magufuli (61), in Dodoma, hoofstad van Tanzanië, bywoon.
Magufuli is verlede week in ’n hospitaal in Dar es Salaam dood. Amptelik word gesê hy is aan hartversaking dood, maar kritici meen hy is aan Covid-19 dood.