Pres. Cyril Ramaphosa is in ’n stryd om politieke oorlewing gewikkel met die messe wat oral vir hom geslyp word ná die bevindings van ’n paneel van kundiges wat die Phala Phala-aangeleentheid ondersoek het.
Daar word selfs in ANC-geledere gevra dat hy opsy moet staan terwyl opposisiepartye meen hy het geen ander keuse as om onmiddellik te bedank nie.
Die paneel van kundiges, onder voorsitterskap van oudregter Sandile Ngcobo, het bevind daar is genoeg prima facie-bewyse vir die parlement om Ramaphosa moontlik in ’n staat van beskuldiging te plaas weens die Phala Phala-aangeleentheid.