Pres. Cyril Ramaphosa en die ANC sal vandag in die Johannesburgse stadsaal met die sogenaamde burgerlike samelewing in gesprek tree.
Volgens die ANC spruit dit uit resolusies van sy 55ste nasionale verkiesingskonferensie dat die ANC met die burgerlike samelewing moet herverbind as deel van sy agenda vir vernuwing.