- Die Zondo-kommissie het vandag getuienis van twee voormalige direkteurs-generaal van die staatsdiens se kommunikasie- en-inligtingstelsel, Themba Maseko en Mzwanele (Jimmy) Manyi aangehoor.
- Adv. Kate Hofmeyr, ondervraer van die kommissie, het aangevoer daar is geen bewyse in die transkripsies van die bepaalde kabinetsvergadering om Zuma se vroeëre getuienis te steun dat dit 'n kabinetsbesluit was om Maseko te skuif vanaf die GCIS na die destydse departement van openbare dienste en administrasie nie.
- Maseko het getuig Zuma het hieroor gelieg in sy getuienis. Dit was nie deur die kabinet besluit nie, maar die kabinet is bloot ingelig dat hy geskuif word.
- Die Zondo-kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek staatskaping in die tydperk toe Zuma die president was.