Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal eers later aandui of hy die versoek deur die DA-leier, John Steenhuisen, om die verklaring van Amerikaanse dollars deur die Soedanese sakeman wat wild by pres. Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas gekoop, sal toestaan.
Die SAID het die tydperk om op Steenhuisen se versoek te reageer met 30 dae uitgestel.
Steenhuisen het op 7 Desember ’n versoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gerig. Hy het Vrydag terugvoering van die SAID se adjunk-inligtingsbeampte, Siyabonga Nkabinde, ontvang.