Hoewel die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) in Gauteng die uitslag van die ANC se provinsiale konferensie verwelkom, is hy besorg oor geld wat moontlik gevloei het om die nuwe leierskap van die party in die provinsie te bepaal.
“Ons as die SAKP in Gauteng wil ons skok en kommer uitspreek oor die bewerings van die gebruik van geld tydens die 2022-konferensie om die leierskap te verkies. Dit is duidelik dat hierdie probleem nie aandag gekry het nie en steeds verdelend is en die fundamentele beginsels van eenheid vertrap,” het Jacob Mamabolo, die SAKP in Gauteng se provinsiale sekretaris, gesê.
Volgens Mamabolo was daar ook op die 2018- provinsiale konferensie bewerings van omkoopgeld om die leierskap te verkies.