As die VF Plus met ActionSA wil saamsmelt, sal hulle eers van hom as leier ontslae moet raak, sê dr. Pieter Groenewald oor Bongani Baloyi se bewering dat daar sulke planne is.
Baloyi, wat die afgelope week as ActionSA se Gautengse voorsitter bedank het, het beweer die partye het gepraat oor samesmelting.
Herman Mashaba, ActionSA-leier, het aan Hanlie Retief gesê die gerug is “malligheid”.