Suid-Afrikaners is “siek en sat” vir politieke partye, politici en die parlement.
Mmusi Maimane, hoofaktivis van die One South Africa-beweging (OSA) en oud-DA-leier, meen dís omdat staatskaping en korrupsie van die grootste probleme is wat die huidige kiesstelsel, wat op politieke partye gegrond is, tot dusver teweeggebring het.
Maimane se uitspraak kom kort nadat Neil de Beer, ’n sakeman, oud-ANC-lid en MK-veteraan, Donderdag uit die ANC bedank het en ’n “simbiotiese” werkvennootskap met hom aangegaan het. Die doel van hul vennootskap is om Suid-Afrikaners meer van die onafhanklike kandidate se deelname aan die nasionale en provinsiale verkiesings bewus te maak.