Die ANC gaan die DA se hofaansoek teenstaan om die regerende party se kaderontplooiingsbeleid onwettig te laat verklaar.
Die ANC se regsverteenwoordiger, Krish Naidoo, het Vrydag namens die ANC, die ANC-adjunkpresident, David Mabuza, en die ANC se kaderontplooiingskomitee ’n mosie van voorneme hiervoor by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.
John Steenhuisen, DA-leier, het vroeg in Junie hofstukke by dié hof ingedien waardeur die party wil toesien dat kaderontplooiing tot ’n einde kom.