Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, het Dinsdagoggend deurgeloop onder kritiek nadat sy nie opgedaag het vir ’n sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme in die parlement nie.
Die ministerie en SA Toerisme (SAT) was veronderstel om terugvoering oor die omstrede plan vir ’n borgskap van byna R1 miljard aan die Engelse sokkerklub Tottenham Hotspur te gee.
LEES OOK | Tottenham Hotspur: SAT tjoepstil oor bewerings van ongerymdhede