Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, loop deur weens die planne van die bemarkingsorganisasie SA Toerisme (SAT) om ’n sokkerklub van die wêreldbekende Engelse Premierliga teen ’n bedrag van byna R1 miljard te borg.
Opposisiepartye sê dié plan is ’n “skreiende skande” en dat die geld beter aangewend kan word om die sukkelende toerismesektor te help wat steeds swaarkry weens die uitwerking van die Covid-19-pandemie.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) vra egter dat die baba nie saam met die badwater uitgegooi word nie omdat die regering dalk sal kan bewys dat die belegging soveel toeriste gaan lok dat dit ekonomies sin maak.