Daar is heelwat belangrike kwessies wat dié naweek deur die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC bespreek moet word. Die skerp aanval van die veteraan-ANC-lid Lindiwe Sisulu op die regbank sal egter soos ’n skaduwee oor die vergadering hang.
Só voorspel die politieke ontleder Theo Venter.
Dié aanlyn vergadering van die NUK het Donderdag begin en duur tot Vrydag.