Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, het haar “kameraad” pres. Cyril Ramaphosa gelukgewens met sy herverkiesing as president van die ANC.
Dit volg nadat sy in die aanloop tot die ANC se onlangse verkiesingskonferensie as een van Ramaphosa se teenstanders openlik fel kritiek teen hom uitgespreek het.
Sy het ook druk op Ramaphosa probeer toepas om weens die Phala Phala-kwessie opsy te staan.