’n Groepering binne die ANC is bekommerd dat adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), ’n ongunstige bevinding oor die Bosasa-skenking van R500 000 aan pres. Cyril Ramaphosa kan maak.
Hulle vrees die president se vyande “kan dit gebruik as ’n katalisator om teen hom op te tree en Didi Mabuza (adjunkpresident) te posisioneer.”
Meer as een bron sê aan Rapport talle ANC-LP’s is bekommerd omdat hulle Mkhwebane as deel van die ANC se Magashule-faksie beskou.