Die regering se teenkorrupsie-taakspan, wat vervolgings en ondersoeke koördineer, gebruik bepaalde kriteria om te besluit watter sake hy moet prioritiseer.
Só het adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolgings, Woensdag op ’n sitting van die staande komitee oor openbare rekenings (Skoor) gesê.
“Ons weet van bewerings dat ons mense teiken en dat ons bevooroordeeld in ons keuse is, en daarom moet ons kriteria hê om sake te prioritiseer,” sê Bathohi.