Die EFF is selfs bereid om ’n “shutdown” te organiseer as pres. Cyril Ramaphosa weier om opsy te staan terwyl ’n ondersoek gedoen word oor die rooftog op sy wildplaas in Limpopo.
Die rooftog by sy Phala Phala-wildplaas op 9 Februarie 2020 waartydens na bewering soveel as R60 miljoen se kontant glo gesteel is, is glo nie by die owerhede aangemeld nie.
“Hy moet ook nie Donderdag die toespraak met die presidensiële begrotingsrede lewer nie. Adj.pres. David Mabuza moet dit doen,” se Julius Malema, leier van die EFF.