Die regsgeveg tussen die DA, die speaker van die parlement en adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), word Maandag in die hoogste hof in die land voortgesit.
Die konstitusionele hof sal twee regstreekse aansoeke aanhoor – van onderskeidelik die DA en die speaker – om verlof tot appèl teen uitsprake van die hooggeregshof in Kaapstad oor die proses in die Nasionale Vergadering (NV) om Mkhwebane van haar amp te onthef.
Mkhwebane het op haar beurt aansoek gedoen om te kruisappelleer indien die hof die DA en die speaker se aansoeke toestaan.