Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), “sal besluit” of sy Donderdag ’n “dringende” bykomende vraag in vraetyd aan pres. Cyril Ramaphosa sal toelaat wat oor sy CR17-veldtog handel.
Dit kom nadat Mmusi Maimane, DA-leier, haar Woensdag versoek het om dié “dringende vraag” by die bestaande vraelys te voeg wat Ramaphosa geskeduleer is om te beantwoord.
Alle oë sal op die parlement wees wanneer Ramaphosa Donderdag die eerste keer ná die Mei-verkiesing op ses vrae deur LP’s in die NV sal reageer.