Die DA se eie ontledings toon dat net 36% van inwoners van Kaapstad tans toegang het tot ’n werkende treinstasie waar hulle woon.
Geordin Hill-Lewis, burgemeesterskandidaat, het Donderdag dié bevindings bekend gemaak in Woodstock, waar hy oor sy sesde “belofte” aan inwoners gepraat het as hy vanjaar verkies word.
Dit behels dat die metroraad sal “veg vir beheer oor die spoorweë” en geld beskikbaar sal stel om die MyCiTi-busdiens uit te brei.