Politieke partye plaas nou druk op die wetstoepassingsagentskappe om vermeende staatskapers gou te vervolg.
Maandag het Cope ’n korrupsieklag teen die oudspioenbaas Arthur Fraser by die polisie ingedien, terwyl ActionSA regstappe aangekondig en ’n beroep gedoen het om die stigting van ’n spesiale tribunaal.
In die laaste dele van die verslag van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, wat verlede week uitgereik is, beveel hoofregter Raymond Zondo aan dat onder andere Fraser, Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, en Dudu Myeni, voormalige SAL-voorsitter, met die oog op strafregtelike vervolging ondersoek moet word.