Die landwye staking deur begrafnisondernemers wat sedert Maandag weier om lyke uit hospitale en huise te verwyder, sal Donderdag afgelas word nadat die regering aan “die meeste van ons eise toegegee het”.
Dit is volgens Thokozani Dladla, nasionale sameroeper van die Unification Task Team (UTT), wat die staking georganiseer het.
Die UTT verteenwoordig 17 verenigings en forums van begrafnisondernemings wat die meeste swart begrafnisondernemers landwyd verteenwoordig.