In sy 22 jaar as lid van die DA het hy gevegsgehard geword en daarom is hy gereed om die DA te lei, sê John Steenhuisen, een van die twee kandidate vir die posisie van DA-leier.
Die ander kandidaat is Mbali Ntuli.
Steenhuisen het op die eerste dag van die party se twee dae lange virtuele kongres gesê toe dinge verlede jaar vir die DA as party moeilik begin gaan het, het hy as waarnemende leier seker gemaak die party gaan lê nie.