’n Studietoer wat sommige LP’s in die Nasionale Vergadering (NV) na Brittanje gaan onderneem om eerstehands te ervaar hoe dié parlement toesig oor sy premier hou, is ’n mors van geld, meen Natasha Ntlangwini, EFF-LP.
LP’s van die subkomitee van die NV-reëlskomitee gaan Brittanje in Julie besoek om kennis in te win oor hoe om toesig oor die presidensie te hou, het Masibulele Xaso, NV-sekretaris, gesê.
Ntlangwini meen egter dis geldmors om vas te stel hoe ’n reëlskomitee in die buiteland werk en dat ander maatstawwe gebruik kan word.