Ongeag pogings deur die bemarkingsorganisasie Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT) om vure dood te slaan oor ’n R1 miljard-borgskap aan ’n Engelse sokkerklub, bou druk teen die regering op om dié plan te laat vaar.
Themba Khumalo, waarnemende uitvoerende hoof van SAT, het Donderdag op ’n mediakonferensie gesê hulle glo vas die borgskap “maak kommersieel sin” en hulle reken dit kan miljoene bykomende toeriste lok.
“Ons wil hulle (die kykers) oortuig om na Suid-Afrika te reis om ponde en euro’s hier te kom bestee.”