Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die grondkwessie waarmee Suid-Afrika steeds worstel, moet in noue samewerking met tradisionele leiers opgelos en afgehandel word.
Ramaphosa het Dinsdag die lofrede op die amptelike begrafnis van koning Zanozuko Tyelovuyo Sigcau van die Mpondo-koninkryk in Flagstaff in die Oos-Kaap gelewer.
Sigcau is op 31 Mei ná ’n lang siekte oorlede.