Die ANC in die Vrystaat se provinsiale verkiesingskonferensie om ’n nuwe provinsiale uitvoerende komitee (PUK) te verkies, sal voor Mei gehou word omdat die tyd ryp is dat dit moet gebeur, sê Paseka Nompondo, koördineerder van die party se tussentydse provinsiale komitee (TPK).
Hy sê daar is stabiliteit in die provinsiale regering, maar dienslewering sal opgeskerp moet word.
Nompondo het gereageer op navrae van Netwerk24 oor wat in die Vrystaatse ANC aan die gebeur is.