“Ek weet nie of ek nou enige staatsgeheime verklap nie, maar almal het geweet uBaba het probleme met sy gesondheid.”
Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), het Vrydagaand dié verduideliking gegee aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oor ’n vergadering waarop oudpres. Jacob Zuma glo aan die slaap geraak het.
Popo Molefe, destydse voorsitter van die Prasa-direksie, het voorheen voor die kommissie getuig dat Zuma “aan die slaap geraak” het op ’n vergadering wat hyself met Molefe versoek het.