Die Noord-Kaapse regering het Sondag sy provinsiale rede uitgestel wat Donderdag gelewer sou word.
Harold McGluwa, provinsiale leier van die DA, sê hulle beskou dit as onprofessioneel dat die premier, dr. Zamani Saul, dit op die nippertjie tot 2 Maart uitgestel het.
“Ons het die datum vir die provinsiale openingsrede al weke gelede ontvang en beskou dit as onprofessioneel dat die premier dit drie dae gelede verander het.”