Drie van die grootste vakbonde wat werkers by Eskom verteenwoordig, is dit eens dat die sluiting van steenkoolkragstasies sonder enige alternatiewe nie die energiekrisis sal oplos nie.
Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van die metaalwerkersvakbond Numsa, glo die oplossing op kort en mediumtermyn is dat kragstasies elektrisiteit moet opwek.
“Jy kan nie kragstasies sluit voordat en totdat jy alternatiewe in plek het nie. Ons het geen alternatiewe nie. Dit sal vyf tot tien jaar neem om die alternatiewe te bou,” sê Hlubi-Majola.