Verkiesings het in onlangse tye hoogs mededingend geraak en het sodoende die mededinging binne partye en tussen partye verhoog wat in die verkiesingsproses uitspeel.
So het Masego Sheburi, waarnemende uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie (OVK), Vrydag gesê in ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake oor die plaaslike verkiesing wat in November verlede jaar plaasgevind het.
In dié verkiesing het die ANC se steun nasionaal vir die eerste keer tot onder 50% gedaal.