Dit kan nie meer toegelaat word dat die korruptes en die gieriges wat die land ’n wettelose woesteny wou maak waar daar op die oppergesag van die reg en kwesbare mense getrap is, daarmee voortgaan nie.
Daarom is dit belangrik dat ’n sterk boodskap uitgestuur word teen die skuldiges wat voordeel wil trek uit die plundering van die staat.
Die enigste manier om Suid-Afrika se toekoms te verseker is om seker te maak die wiele van die gereg bly draai, sê Siviwe Gwarube, nasionale woordvoerder van die DA, in ’n verklaring.