Vrystaat Landbou (VL) doen ’n beroep op die regering om landsburgers se belange en veiligheid bo sy eie agendas te stel deur die polisie met die nodige mannekrag, toerusting, geld en leierskap toe te rus.
Hy steun die portefeuljekomitee oor die polisie en die nasionale polisiehoof se uitsprake dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se bevelstruktuur te groot is en dat hy te min mannekrag op die grond het.
Die organisasie sê in ’n verklaring hy verwelkom dié onlangse uitsprake van Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die komitee, en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, in die media.