Daar is nie minder nie as ses ander inwoners op die plaas wat Thoko Didiza, minister van landbou en grondhervorming, verlede jaar aan Vuyani Zigana toegeken het.
Zigana het verlede Vrydag op die plaas Melville Park naby Bergville ingetrek, maar amptenare van Didiza se department het feitlik onmiddellik op hom toegesak en gedreig om hom van die plaas te laat verwyder.
Dit nadat die minister self gesê het hy word as toesighouer op Melville Park aangestel én die departement gaan vir hom ’n langtermyn-huurkontrak aanbied.