Pres. Cyril Ramaphosa het ’n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip om landsburgers én die regering te vra om saam ’n omvattende en robuuste anti-korrupsiestrategie te ontwikkel, sê die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) ná die staatsrede Donderdagaand.
Wayne Duvenage, Outa-voorsitter, het gereageer op veral maatreëls wat Ramaphosa Donderdagaand in die stryd teen korrupsie en misdaad by die parlement aangekondig het.
“Dít is wat ons gemis het. Die president moes ’n beroep doen op die publiek én staatsamptenare om saam te werk vir ’n duidelike anti-korrupsiestrategie. Dít sou vir die publiek wys dat iets daadwerklik gedoen word om korrupsie te bestry.