Wat nou vir paartjies wat wil trou?
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het Dinsdag gesê huweliksregistrasies is opgeskort te midde van die skerp styging in sterftes.
Die departement sal nou fokus op die uitreiking van geboorte- en doodsertifikate. Aansoeke om ID-kaarte (behalwe vir matriekleerlinge) en paspoorte (behalwe vir diegene wat ingevolge die inperkingsmaatreëls mag reis) is ook opgeskort tot verdere kennisgewing.