Die DA hou twee provinsiale kongresse in Maart, maar die leierskorps gaan veral die een in KwaZulu-Natal met ’n valkoog dophou.
Nicole Graham, stadsraadslid in Durban en voorsitter van die DA-koukus in eThekwini, Emmanuel Mhlongo, adjunkvoorsitter van die eThekwini-koukus, en Francois Rodgers, DA-hoofsweep in die wetgewer, sal mekaar op 27 Maart die stryd aansê om die provinsiale DA-leierspos.
Die huidige provinsiale leier, Zwakele Mncwango, het verlede jaar gesê hy gaan die tuig neerlê om op sy studie te fokus.