Die Wes-Kaapse provinsiale regering het die opstelling van ’n memorandum van verstandhouding oor landbou tussen die provinsiale regering en die staat van Kalifornië in die VSA goedgekeur.
Dr. Ivan Meyer, LUR vir landbou, het Vrydag met Will Stevens, waarnemende Amerikaanse konsul-generaal, en sy span vergader om sleutelprojekte, provinsiale prioriteite en moontlike geleenthede vir samewerking te bespreek.
Hulle het ook die provinsiale kabinet se onlangse goedkeuring van die opstelling van ’n memorandum van verstandhouding, soos deur die Wes-Kaapse departement van landbou voorgelê is om die provinsiale regering se verhouding met Kalifornië in die landboubedryf te versterk, bespreek.