Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, is geskors.
Volgens ’n verklaring van Alan Winde, die premier, is ernstige aantygings teen Fritz die week onder sy aandag gebring.
“Ek het hom ontbied en hom van die bewerings in kennis gestel, sowel as my besluit om hom onmiddellik te skors, wat hy aanvaar het.