’n Voormalige ambassadeur in Soedan wat sê hy het ’n versoek van die ANC geweier om maandeliks R2 800 aan die party te betaal in ruil vir dié pos, wil nou regstappe doen om te keer dat die ANC diplomatieke poste vir “fondsinsameling” gebruik.
Francis Moloi, direkteur van menseregte en humanitêre sake by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, beweer in ’n beëdigde verklaring die ANC dwing Suid-Afrikaanse ambassadeurs om maandeliks debietorders vir die party te laat aftrek.
Dié verklaring is in Februarie verlede jaar by die Zondo-kommissie ingedien, maar eers onlangs openbaar gemaak.