Die Wes-Kaap kan tot R9,7 miljard of meer as 16% van sy provinsiale gelyke toedeling verloor as slegs 70% van sy inwoners getel word, het Alan Winde, Wes-Kaapse premier, Vrydag gesê.
Slegs 70% van die Wes-Kaapse bevolking is tot dusver getel. Hy het die verlenging van Sensus 2022 verwelkom.
Volgens Winde sal dit nie moontlik wees vir Statistieke Suid-Afrika (SSA) om die sensusopname in die Wes-Kaap te sluit as slegs 70% van die provinsie se bevolking getel is nie. Die sensusopname in die Wes-Kaap is tot 31 Mei verleng, luidens ’n verklaring van Winde.