Pres. Cyril Ramaphosa moes hom sterk teen staatskaping uitgespreek het toe hy as adjunkpresident onder Jacob Zuma gedien het.
Hy moes ook seker gemaak het dat hy weet waar geld vir sy CR17-verkiesingsveldtog van 2017 vandaan gekom het, is in die laaste verslag van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping bevind. Die verslag is Woensdagaand ná vele vertragings eindelik aan Ramaphosa oorhandig deur hoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie.
Zondo stel ook voor dat Suid-Afrikaners in die toekoms net soos Amerikaners hul president direk moet verkies eerder as dat die staatshoof aangewys word deur die party wat ’n verkiesing wen. Dit sal die kans verskraal dat iemand soos Zuma weer staatshoof word.