Woensdag is (hopelik) die dag waarop die vyfde en laaste verslag van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping uitgereik sal word.
Dit kan een van die belangrikste gebeurtenisse van Cyril Ramaphosa se meer as vier jaar as president word.
Dit behoort nie net hoofregter Raymond Zondo se oorwoë mening oor staatskaping te bevat nie. Dit kan ook in polities onstuimige tye verdere aanbevelings maak oor mense wat by staatskaping betrokke was.