“Die onwettige verslag van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is voorspelbaar vol van skinderpraatjies, insinuasies en gissings. Daar is ’n gebrek aan konkrete bewyse. Dit is nie duidelik wat hoofregter Raymond Zondo en sy span – byna ’n halwe dekade en R2 miljard later – gedoen het nie.”
Só het Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob G. Zuma-stigting, Saterdag verwys na die laaste verslag van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
Die stigting het die middag ’n mediakonferensie in Sandton, Johannesburg, gehou oor wat oudpres. Jacob Zuma se volgende stappe rakende die verslag gaan wees.