Oudpres. Jacob Zuma het Donderdag “sy wysheid” met meer as 100 raadslede van oor KwaZulu-Natal heen gedeel toe hulle hom by sy Nkandla-woning besoek het.
Ntando Khuzwayo, wyksraadslid van die eThekwini-metro, sê Zuma het veral oor die rol van leierskap gesels toe hulle hom besoek het.
“Ubaba (Zuma) het raad gegee wat ons vorentoe kan neem en gebruik in ons termyn op kantoor. Sy raad sal ons veral help om seker te maak dat daar dienslewering van ’n hoë gehalte in ons gemeenskappe is,” het hy laat Donderdagmiddag ná die raadslede se besoek aan Nkandla aan Netwerk24 gesê.