Parlementslede doen niks om die lot van die meerderheid swart mense in Suid-Afrika te verbeter nie, sê oudpres. Jacob Zuma.
Swart mense moet daarom verenig om die rigting te bepaal wat die land moet inslaan, het Zuma Saterdag bygevoeg toe hy by sy woonkompleks in Nkandla ’n “geskiedkundige en politieke oorsig oor Suid-Afrika” aan jeuglede van die Construction, Mining, Energy and Engineering Workers Union (Comeewu) gegee het. Dié gesprek is ook op sosiale media versprei.
EWN berig dat Zuma in sy toespraak, wat grootliks in Zoeloe gelewer is, beweer het dat die ANC sedert sy nasionale konferensie in 2017 “geen sin maak nie”.