Dr. Zweli Mkhize se veldtog vir die presidentskap van die ANC is ’n knou toegedien, met net 12% van Oos-Kaapse takke wat hom as president benoem het.
Mkhize, wat groot steun in sy tuisprovinsie van KwaZulu-Natal (KZN) het, het staatgemaak op groot steun in die Oos-Kaap om ’n noemenswaardige aanslag op die ANC-presidentskap te doen.
Die oudminister van gesondheid het selfs vir Phumulo Masualle, voormalige Oos-Kaapse premier, as kandidaat vir sekretaris-generaal onderskryf om steun van dié provinsie te probeer wen.