Die mense kyk dalk vir hom en gril, maar Henry die krokodil gaan beslis nie eensaam wees wanneer hy Donderdag sy 121ste verjaardag vier nie.
Henry is sover bekend die oudste lewende krokodil ter wêreld.
Hy sal nou wel nie saam eet aan die kolwyntjies wat met krokodilfigure versier is nie, maar as eregas en ten aanskoue van die gaste kan hy aan ’n heerlike vleismaal weglê.